Not Logged in
SARL News Bulletin Archive



Home

Bulletin by e-mail
Bulletin Archive


SUID-AFRIKAANSE RADIOLIGA NUUS SONDAG 19 SEPTEMBER 2015

Goeiemôre en welkom by die weeklikse nuusuitsending van die Suid-Afrikaanse Radioliga, gelees deur ________________________ (jou naam, roepsein en QTH)

Die Suid-Afrikaanse Radioliga saai elke Sondag om 08:15 Sentraal Afrika Tyd in Afrikaans en om 08:30 Sentraal Afrika Tyd in Engels landswyd 'n nuusbulletin uit op HF sowel as op verskeie BHF- en UHF-herhalers. Vir Echolink-luisteraars is daar 'n herleiding deur ZS6JPL. 'n Potgooi is ook beskikbaar op die Liga se webblad.

Hierdie oudiobulletin kan van die Liga se webblad by www.sarl.org.za afgelaai word. 'n Teksweergawe van hierdie en vorige bulletins kan ook daar verkry word en jy kan ook inteken om nuwe bulletins per e-pos te ontvang.

In die nuus vandag.

EUROPA STEUN 5 MHZ TOEWYSING

RADIO ZS ARTIKELS

LOGSTATE VIR DIE NASIONALE VELDDAG

ARiA KOM KAAPSTAD TOE

RAE NUUS; and

GROOT VERWAGTINGS VIR BHF GEDURENDE DIE SOMERMAANDE


Bly ingeskakel vir hierdie en ander interessante nuus brokkies.


** n Europese Algemene Voorstel (EAV) vir band toewysing op 100 kHz teen 5350-5450 kHz is aanvaar. Dit was n harde stryd vir sukses met 7 buitestemmings (Oostenryk, Belgie,VK, Hongarye, Ierland, Montenegro, Poland) en 5 teenstemme (Azerbaijan, Duitsland, Romanie, Rusland en Frankryk). Dit is nou in die hande van die Afrika blok om die agenda te steun by die WRC wat 2 November in Geneva, Switzerland begin.

Die vergadering het ook ingestem om twee ander voorleggings ter tafel te le, nl. Wereldwye harmonisering by 1.8MHz en 50-54 MHz onderskedelik. (Rusland, Switzerland en Lichtenstein is teen die voorstelle, Norweestem saam met 50-52 MHz).

**Enige artikels vir die Oktober 2015 uitgawe van Radio ZS moet die redakteur bereik teen middernag op 20 September. Stuur jou bydrae aan radiozs@sarl.org.za. Die kolom vir radioklubs is nog leeg.
** Logstate vir die SARL Nasionale Velddag gehou op 12 en 13 September moet teen middernag op 20 September ingestuur word na zs4bfn@gmail.com. Logstate moet in ADIF of Cabrillo formaat of as 'n MS Excel dokument versend word.

**The SARL Amateur Radio in Aksie symposium, of ARiA vir kort, sal in die Kaapstad are aangebeid word op 10 Oktober 2015. Die symposium sal gehou word by die Kaap Peninsula Universiteit van Tegnologie Belleville Kampus. Die The program is vol interessante aanbiedings en demonstrasiesinsluitend hoe om n frekwensieteller te bou, hoe om ʼn mobiele radio in jou voertuig te installeer en hoe om n omgekeerde Vvir NIVS te bou.

Besprekings vir die simposium maak vandag oop. Besoek www.sarl.org.za vir meer inligting.

**Ons is nou in die pylvak na die Radio Amateur eksamen datum van 15 Oktober 2015.

Eksamen nommers is reeds op die SARL webblad gepubliseer en student kan hulle nommers daar kry.

Een honderd en twee student het geregistreer. Van die 102 studente het 87 voldoen aan die registrasie proses teen sluitings datum 3 September 2015 en kan dus voortgaan om die eksamen te skryf.

Twee van die 87 studente skryf die klas B eksamen.

Die SARL Raad wens alle student voorspoed toe met hulle voorbereiding.

**Ons nader nou die waremer somermaande van lente wat gevolg word deur die warm somermaande wat die prima tyd vir goeie BHF propagasie. September en Oktober maande het al met tye uitstekende Tropo toestande oor die Indiese oseaan gelewer wat toestand na Reunion eiland op 144 en 432 MHz, LSBen Digitaal uitstekend maak.Hierdie is ook die TEP DX seisoen op 50 MHz wat tot diep in November sal hou.Die Sporadiese-E seisoen in die suidelike halfrond dek Desember en Januarie wanneer landswye kontakte moontlik is gedurende onverwagte E openings op 50 and 144 MHz. DX openingeop Es kan tot in Namibia, Zimbabwe and Zambiereik of selfs verder Noord. Om en by die somersonkeerpunt in Desember kan 50 MHz DX openings op SSSP ook geskied, so hou n ogie op VK, ZL and PY. Daar is ook vier groot meteor scatter wat verwag word:: Orionids in Oktober, Leonids in November, Geminids in Desember en Quadrantids in Januarie wat SSB en FM analoog modes moontlik maak. Dit is ook dan die gepaste tyd om gereelde QSO’s van meer as 400km op Tropo kanaal te doen. Luister na die UHF bakons vir opening.



U luister na n nuusuitsending van die Suid Afrikaanse Radio Liga.


**SARL Jeug Koördineerder, Koos Fick, ZR6KF wil graag ʼn uitnodiging rig aan alle jong amateurs in die Kaap omgewing uitnooi vir koek en koeldrank opVrydag 9 Oktober by die Oakdale Amateur Radio klub om 17:00. He wil graag sy ondervinding en wedervaringe tydens sy besoek aan die IARU jeug week in Rome, Italie met almal deel. Hy wil ook terselfdertyd die YOTA, die op die lug jeug geleentheid in Desember met almal teenwoordig deel. Om met die spyseniering te help stuur ʼn teks boodskap aan 083 269 9939

**'n Eksemplaar van die 2014 ARRL Handboek is die prys in 'n gelukkige trekking vir die drie SARL HF Kompetisies gehou in Augustus. Sers. Elmarie Brand van die Pantserskool is gevra om die wen roepsein te trek.

Die wenner van hierdie spesiale ARRL Handboek is Geoff Levey, ZS6C. Baie geluk Geoff.

** In hierdie week se propogasie verslagHannes Coetzee, ZS6BZP, berig dat die verwagte sonaktiwiteitsvlak matig gaan wees. Sonvlek AR2415 het 'n "beta-gamma" magnetiese samestelling wat genoeg energie vir M-klas fakkels huisves.

Diegene wat hulle eie frekwensievoorspellings wil doen, kan 'n verwagte effektiewe sonvlektelling van ongeveer 44 vir die week gebruik.

Amateurs kan veral laatmiddag en gedurende die aande goeie openinge op die 20 tot 15 m DX bande verwag met die 10 m wat ook vol verassings kan wees.

Besoek gerus die webtuiste spaceweather.sansa.org.za vir meer inligting.

Maak volgende naweek kontak met Die Hel.
'n Groepie radioamateurs vanuit die Wes Kaap en Noord Kaap sal volgende naweek vanuit Die Hel met u wil kontak maak. Dié spesiale stasie met die roepsein ZS9HEL sal vanaf Donderdagaand 24 September tot Sondagoggend 27 September op die lug wees vanuit Die Hel te Gamkaskloof. Die doelwit is om 'n WAZS en "Top Band" sertifikaat te behaal. Die volgende frekwensies sal gemonitor word op die 160, 80, 40 en 20m band: 1890, 3740,7150, 14180. Indien moontlik sal daar ook gemonitor word op 10125 in die 30m band en 5290 in die 60m band.
QSL sal via die bureau wees maar verkieslik SA-QSL en e-QSL moet gebruik word. DX sal ook gewerk word.
Maak asb. kontak met Die Hel en vind uit hoe dit daar lyk! Vir meer inligting besoek die webblad www.diehel.com

Aansoeke om lidmaatskap van die SARL is van die volgende persone ontvang:
. ZS5LEE: Lee Henk Hanegraaf
. ZS2DAD: Dean Warren Rossouw

Enige besware teen die aanvaarding van lidmaatskap-aansoeke moet die Sekretaris bereik voor of op die Dinsdag na hierdie bulletin.
Lidmaatskap van die SARL is tans 1476 plus 38 geaffilieerde klubs.


En nou vir die dagboek van gebeure

20 Sep– BHF/UHF Kompetisie
26 – 27 Sep CQ WW RTTY Kompetisie
3 Okt Lente QRP Kompetisie
10 – 11 Okt AWA buiskompetisie
24 Okt JOTA; CQ Hou Koers


Om die bulletin af te sluit 'n kykie na die belangrikste nuus.

** ʼn Europese Algemene Voorstel (EAV) vir band toewysing op 100 kHz teen 5350-5450 kHz is aanvaar. Dit was ʼn harde stryd vir sukses met 7 buitestemmings (Oostenryk, België, VK, Hongarye, Ierland, Montenegro, Poland) en 5 teenstemme (Azerbaidjan, Duitsland, Rominie, Rusland en Frankryk). Dit is nou in die hande van die Afrika blok om die agenda te steun by die WRC wat 2 November in Geneva, Switserland begin.

**The SARL Amateur Radio in Aksie simposium, of ARiA vir kort, sal in die Kaapstad are aangebeid word op 10 Oktober 2015. Die simposium sal gehou word by die Kaap Peninsula Universiteit van Tegnologie Bellville Kampus.

**SARL Jeug Koördineerder, Koos Fick, ZR6KF wil graag ʼn uitnodiging rig aan alle jong amateurs in die Kaap omgewing uitnooi vir koek en koeldrank op Vrydag 9 Oktober by die Oakdale Amateur Radio klub om 17:00.




Luister elke Sondagoggend om 10:00 sentraal Afrika tyd na "Amateur Radio Today". Daar is herleiding op 7 082 kHz laer syband, 7 205 en 17 660 kHz AM en verskeie herleidings op BHF en UHF frekwensies regoor Suid-Afrika. 'n Potgooi deur Dick, ZS6RO, is ook beskikbaar. 'n Heruitsending vind op Maandae om 18:30 sentraal Afrika tyd op 3 230 kHz plaas.

Ons ontvang graag jou sein rapporte, kommentaar en voorstelle, stuur 'n e-pos aan artoday@sarl.org.za. Sentech borg die uitsendings op die nie-amateurfrekwensies.

Jy het geluister na 'n nuusuitsending van die Suid-Afrikaanse Radioliga, saamgestel deur Etienne Naude, ZS6EFN, geredigeer deur Ryan Gibbson, ZS6GGR en gelees deur Dawie Conradi, ZR6DHC.

Die Afrikaanse nuus span groet nou en wens jou `n mooi week toe. Totsiens

73's en dankie vir die luister

/EX

======================= Boodskap Eindig


Copyright © 1997- 2006  South African Radio League
Last modified: 14 April 2003